Tokkies se hokkiespanne het weer daarin geslaag om koning te kraai oor die hele Noordwes-provinsie. Die spanne het vanjaar nie die maklike kortpad gevolg om die wentrofeë huis toe te bring nie. Hulle moes baie hindernisse en ver ritte oorkom om die welverdiende trofeë omhoog te hou.

Baie geluk aan Laerskool Mooirivier se Dogters o/13A-hokkiespan met hulle oorwinning oor Laerskool Schweizer-Reneke in die Noordwes-finaal.

(Foto bo:) voor vlnr: Bridgette Holden-Smit, Cara Hulley, Elrie Koornhof, Anzel du Plooy, Mari-Louise van Zyl, Danelle Goedhals en Tiani Greyling.

Agter vlnr: Cameron Charslund, Irene Strydom, Sonika Brits, Tumé van Niekerk, Christi-Mari Coetzee, Mikayla Muller, Mia Hills, Alexia Delicado, Angelique van der Westhuizen, Annelize Rostron (afrigter) en Jordan (gelukbringer).